Almal lyk so vrolik,
Want Kersfees is mos hier
Maar onthou ons nog die Kindjie
Wie se geboortedag ons vier?
Hy is gebore in ’n krip
In ’n stal in Bethlehem
Sy naam is Here Jesus
Hy is die Christus Kind!
As ons so ons geskenkies gee
Moet ons Hom nie vergeet
Hy is by ons ja al die tyd
En deel in ons jolyt!
Hy vra ons nie vir speelgoed nie
Ook nie vir geld of kleed!
Al wat Hy as geskenk wil hê
Is dat ons hart aan Hom behoort!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

