"Jy was verkeerd" deur Thalana Hunter

  • 0

Ek was nie vol van moed
Toe ek jou ontmoet
Ek het swaar gedra
Nie geweet of ek dit sou kon haal
En net soos die res
Het jy my gekwets

Dit was nie baie maklik
Om weg te kom aanvanklik
Al was jou boodskap
Jy soek nie meer my vriendskap
’n Verhouding was versuur
Al wou ek hê dit moes nog duur

Met my hart as kompas
Het ek gewens dat ons paaie kruis
Maar die kompas was vergruis
Moes my eie pad aanwys

Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet
Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet
Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet

Jy was in swart geïnk
My gesien en gedink
Jy sal vir my sê
Dat jy my wil hê
En ek’t van jou gehou
Soos enige iemand sou

Maar jy’t jou nie laat twee keer nooi
Om my sommer weg te gooi
Dit het my seer gemaak
Ek het vir jou kwaad geraak
Jy’t jou tyd verbloem
Nou wys ek jou wat ek kan doen

So hartseer
Meneer
Dat jy sweer
Jy sal my kan keer

Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet
Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet
Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet

Ek’s nie die slimste
Ook nie die fikste
Jy is dalk die beste
In die hele weste
Dit gee jou nie die reg
Om jou so te vererg

Jy dink ek is so dom
Tog het ek bo uitgekom
Niemand het geglo
Ek het deursettingsvermoë
Maar wat weet ek
My kreatiwiteit is mos beperk

Wat wou
Juffrou
Dat jy jou slim hou
Terwyl ek moet klippe kou

Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet
Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet
Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet

As jy my nie kan aanvaar
Is jy nie my beste maat
As jy my nie kan hanteer
Is jy nie die een

So hartseer
Meneer
Dat jy sweer
Jy sal my kan keer
Wat wou
Juffrou
Dat jy jou slim hou
Terwyl ek moet klippe kou

Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet
Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet
Jy was verkeerd
Jy’t van my vergeet
Jy’t gedink jy’t van beter geweet
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top