Geskryf vir: Straatligkinders
Ek was nog nooit eintlik so tevrede
Ek het nou seker gemaak soos almal sê
Daar is vrede gemaak met jou optrede
En blykbaar is dit net wat Karma wou hê
REFREIN:
Ek is nou gelukkig hier waar ek stil sit
Stil sit in die dag, stil sit in die nag
Ons was goed, maar net nie vir mekaar
Jy het jou geluk gevind en ek is baie bly
Karma het permanent op my stoep gekuier
Het haar soms hier sien wegsluimer
Vir daai paar sekondes was daar wel rus vir die siel
Ek kan tog vir ? rukkie kyk in die spieël
Die spieël se naakte waarheid
Die spieël wat niks wys van die sware tyd
REFREIN
Ek het gedink jy het my gebreek
En dit na al die gesmeek
Maar werklik moet ek net sê
Daar is ? ander om my lief te hê
Die wêreld het gaan stilstaan
Elke een van ons in ons eie baan
REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

