"Jou paadjies" deur Charissa Potgieter

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Kry uiting my kind
Praat!
Sê hoe jy voel
En vra vir raad!
Haal die blinddoek af
Kom na my
Êrens in hierdie gemors
Sal ons jou weer kry!

Koor:
Kom sit by my
Dan sit ons weer alles bymekaar
Kom ons delf in ons siele
En vrees geen gevaar
Kom ons sit en bou legkaart
Onder ’n boom
Kom ons soek tussen die wolke
Jou hart se droom

Vers 2:
Dis tyd vir wegkom
Dis tyd vir vergeet
Neem die kans
Ons sal nooit alles weet
Maar almal het ‘’n kans
En die keer is dit jy
Moenie laat ander
Jou weg van die paadjie lei
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top