"Jou Foto Teen Die Muur " deur Karla Venter

  • 0

In my lewe het jy 'n spesiale plek
Vandat jy weg is
Is my hart een groot vlek
Ek sit nou en treur
Jy’t 'n stuk uit my hart geskeur

Die hart wat nie maklik sal regkom
Weet nou nog nie hoekom was ek so dom
Het die gevaar sien kom
Maar het my blindgestaar teen hom

Het nie gedink my vriend sal so iets aan my doen
Die gedagte maak my mal dat hy jou sagte lippies soen
Jy't belowe ek en jy sal een bly
Nou word jy deur my vriend gevry

My lewe het geen betekenis sonder jou
Maar jy weet waarvan het ek en jy gehou
Daai spesiale vertrek in my huis
Daar was ek en jy altyd tuis

Nou sit ek alleen in die vertrek elke aand
Vandat jy weg is, dis nou al 'n maand
En staar teen die muur
Agter my is die kaggelvuur

Ek kyk daar waar jou foto hang
Weet nou nog nie hoe is ek so gevang
Maar ons mooi herinneringe
Is in my hart opgevang

KOOR
Dis jou foto teen die muur
Ek staar al 'n uur
Herinner my aan al ons Plesier
Voor die kaggelvuur
In mekaar se oë gegluur
Tot die son opkom
Dan draai ons net om
Kan nou nog nie glo
Hoekom was ek so dom
Al wat oorbly
Is die foto teen die muur
Eensaamheid en 'n koue vuur
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top