"Inklinasie" deur Wessel Janse van Rensburg

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vroeg in die oggend te laat in die aand
Harde geraas, daar word te hard gepraat
Met oë vol hoop, want ons ouers se geld
Kan mos enigiets koop
Die liefdadigheidsbasaar wat ons hemelruim bewaar

Tussen kuste en kruise eet ons mekaar
Die laaste ete van jou gewete
Al wat oorbly herenneringe van ? beter plek
En jou kinderlewe wat uitlek

Nikotienverslaafde
Alkohol-vertraagde
Rugraadlose mens
Bang vir alles
Maar vrees niks

REFREIN:
Stille waters, dieper grond
Onder draai die duiwel rond
Stille waters, dieper grond
Swaai dit jou gedagtes om
Alles wat ons weet word nou weggevreet

Die misterie van die dood
Die mens in angstige nood
Hul wei die velde van hierdie eksotiese gebied
Vra die snare van hul lewe vir ? beter lied
Is dit al wat ek die lewe kan bied?

Nikotienverslaafde
Alkohol-vertraagde
Rugraadlose mens
Bang vir alles
Maar vrees niks

REFREIN

BRUG:
So word ons almal ingetrek
deur die Prins van Donkerte
Na sy geheimsinnige plek

REFREIN:
Stille waters, dieper grond
So draai die aarde rond
Stille kraters, dieper wond
Swaai dit jou gedagtes om
Alles waarvoor jy streef het jy uitgeleef
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top