"Impulsiewe Nagevolge" deur Marnus Du Plessis

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Trane vloei by jou wange af
Jou lippe fluister dis verby
Maar ek verdrink reeds in jou oë
Ek belowe dis nie aspris nie
Ek het jou verraai, asook my selfrespek
Die verwaarloosde slagoffer van tekortkoming
Dit was nie my bedoeling
Dat jy moes seerkry

Wêreld sluk my in
Ek het gesê jy vergelyk my met die ander
En dat ek jou nooit sou seermaak
Is daar versoening vir my?
Ek besef nou al die vrae
Waarop jy die antwoord is

Hou my in jou arms vas
Al is dit net vir ? laaste dans
Gee my die tweede kans
Om ? eerste indruk te maak
Hou my in jou arms vas
Al is dit net vir ? laaste dans

Maak jou verstand bymekaar
Die beste dele van my is deel van jou
Tussen alles is jy al wat sin maak
Ons is al wat saak maak
Jou hart is ? legkaart
En ek kompeteer teen myself
Al die impulsiewe nagevolge
Van sogenaamde integriteit
Hoe draai mens tyd terug?
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top