Geskryf vir: Straatligkinders
Vierkamer laaikas, ek en jy deel hierdie
Net-net handvol hartklop van koelkop bly
Stadig maar seker tydbom
Lagwekkend vermom
Jou reaksies soos ? vreugdevuur
Op jou mou
Kop en een mus
Misgis ons die einde
Van die tonnel se lig
REFREIN:
Hoekom het ek nie gedink
Om nog ? hemp in te pak nie
vVr hierdie geklouter tussen
Op en komende
Poniekoerante, skewe swart en wit
Bedlam balsem, dis hakkiesdraad
Hoogverraad
Hoekom dinge weer op die
Langebaan skuif, jasmyn
Tydverdryf
Duif kort jy ? bottelnek
Vir al hierdie slaggate
REFREIN
Ek was net been-af op jou
Binne die perke van ?
Bakhand-groeipyn
Binne ? blitsmaraton
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.