Ek woon in die suburbs
Waar die middelklas bly
Ek shop by die mall
Om die draai van my
Ek’s ’n ordinary ou
Met ’n ordinary job
Betaal my skuld
En hoop om bo te bly
Ek word genooi na ’n show van jou
Toe ek jou sien
Raak ek amper flou
En gaan aan ’n sweet
Want…
Refrein:
Jy’s ’n hoë-klas girl
Met ’n hoë-klas swaai
Met jou ‘brand name’ klere
En fancy parfuum geure
Met manicured naels
En ge-tan-de lyfie
Lank blink hare
En hoe-hak sandale
Jy’s ’n hoë-klas girl
Wat ek wil hê
Skielik is my lewe
Onderstebo gedraai
Ek reik na promosie
Om my finansies te bewaar
En trek smarter aan
Om jou te bewys
Ek’s ’n hoë-klas ou
’n Passie vir jou lyf
Ek trade in my kar
Vir ’n sport model
Gebruik aftershave
En misbruik my krediet
Want…
Refrein:
Jy’s ’n hoë-klas girl
Met ’n hoë-klas swaai
Met jou ‘brand name’ klere
En fancy parfuum geure
Met manicured naels
En ge-tan-de lyfie
Lank blink hare
En hoe-hak sandale
Jy’s ’n hoë-klas girl
Wat ek wil hê
Ons begin date
En die avontuur is pret
Almal wat ek ken
Probeer ek nou vermy
Hulle pas nie in
Met my nuwe image nie
Al wat ek wil he
Is die hoë-klas styl
Jy beëindig die verhouding
Sommer net-net so
Se ek’s te ordinary
Nie jou soort
Want…
Refrein:
Jy’s ’n hoë-klas girl
Met ’n hoë-klas swaai
Met jou ‘brand name’ klere
En fancy parfuum geure
Met manicured naels
En ge-tan-de lyfie
Lank blink hare
En hoe-hak sandale
Jy’s ’n hoë-klas girl
Wat ek wou hê

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

