Herinneringe
Spookasem-stringe
Soet om my gevou
Warm sonstrale
Om my lyf soos krale
Jou hande in my hare
Koester
Weskus skulpie-sand
Ons voetspore op die strand
Herinneringe
Spookasem-stringe
Soet om my gevou
Verlange
Rooi-oranje sonsondergange
Maanligaande
’n Brander
Gekom en gegaan
Herinneringe op my lewens-strand gebaan
Herinneringe
Spookasem-stringe
Soet om my gevou
Sonder jou
Bokkoms in die wind
Tot ons mekaar weer vind
Jy
Natuur se kind

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Hoendervleis mooi!