"Harte van Goud " by Kobus Venter

  • 0

Maak oop jul harte van goud
Die kindertjies is benoud
Waar sal hul kos kry vanaand
Wat nog van die res van die maand

Die kleertjies aan hul lyf
Sit soms baie styf
Die skoene wat hul dra
Het die voete al seer gepla

In moeilike swaar tye
staan hul vas
Ons kan hul help
Kom ons dra hul las

Hulle het nie gevra om in die lewe te wees
As jy nie vir 'n kind kan sorg
Moet hom nie maak nie
Jy gaan met daai lewetjie mors

Hul is in 'n lewe
Waar hul nie wil bly
Hulle is hier
Dis deur ons gevry

Vry is lekker
Vry is verniet
Kom ons stop
Net 'n lewetjie van verdriet

Kom ons kyk mooi na hul
Net ons kan hul lewens vul
Hul toekoms is leeg
Hul lewe is droog

Kom ons dra hul op ons hande
Kom ons hou hulle hoog
Dis 'n geskenk van God
Dis aan ons gegee

KOOR
Bikers bikers, jul besef nie wat jul doen
Die kindertjies sal julle sommer soen
Jul maak hul hartjies bly
Terwyl die swaar kry deur hul lewens gly
Jy is groot, jy is rof
Soms is die lewe onbeskof
Maar jy het 'n hart van goud
Met dit is daar geen fout
God sal jou beloon
Eendag sal God
Op jou kop sit 'n kroon
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top