Geskryf vir: Straatligkinders
Ek het al baie harte gebreek
My vriende in die rug gesteek
Met hul harte gedans tot dit stukkend was
Refrein:
Ek was 'n seerower opsoek na skatte
Gegrawe vir goud, toe grawe ek grafte
Ek was die harlekyn van harte
Ek het al soveel keer geval
En in ander se harte rondgedwaal
My emosies deur hul gange gesleep en al die mure afgebreek
Brug:
Ek sukkel nou om verhoudings te bou
Ek het al te veel brûe verbrand
Mense sukkel om my te vertrou
Almal wys my van die hand
Ek is jammer, vergewe my asseblief
Ek besef nou ek was 'n hartedief

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

