"Hand in hand" by Shemone Brooks

  • 0

Ons los ons spore in die sand vir iemand om te volg
Maar die water het dit weggespoel
Sy drome is nou in die water tussen elke golf

Ons loop alewig in due water wat die sand oorstroom
Die sand is my toekoms vasgebind aan 'n droom

(chorus)
Gaan soek my waar jy my nooit sal kry nie
Roep my sodat my naam nooit verdwyn nie
Vat aan my elke tree
Hulle gaan nie vir lank hier bly nie

Ons lei mekaar in die donker
Met kerse wat uitbrand
Ek en jy loop agteruit
Maar ons doen dit hand in hand

Ek weet hulle kyk vir my want ek voel hulle oë
Hul denke verniel my drome
Want dis net ek wat daarin glo

Bridge:
Ek verstik aan my eie asem
Die water sal my red
Elke verlore siel soek n ander een
Want hy voel alleen
Miljoene korrels wat ons omring
Maar ons smag steeds na dieselfde ding

(chorus)
Gaan soek my waar jy my nooit sal kry nie
Roep my sodat my naam nooit verdwyn nie
Vat aan my elke tree
Hulle gaan nie vir lank hier bly nie

((Instrumental))

Ons lei mekaar in die donker
Met kerse wat uitbrand
Ek en jy loop agteruit
Maar ons doen dit hand in hand
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top