Sy sê sy is broos, sy wil nie meer so voel nie
Sy sê sy droom van ’n wêreld, waar haar verlede verdwyn
Sy sê sy soek weer vrede, en iemand wat verstaan
Sy sê sy wil net aangaan, maar daar is net te veel pyn
Refrein:
Maar die meisie met die trane vlak op haar blou oë
Se skuiling lê in akkoorde, dit is al wat haar vrede bring
Ja, eensame meisie jou toevlug le in snare en klawers
So kom vat my hand en lê by sodat ek …. Vir jou kan sing
Sy sê sy bid gereeld, sy wil nie meer so voel nie
Sy sê sy het al vergeet hoe om eerlik te glimlag
Sy wil weer kan sing, sy wil weer kan speel
Sy weet nie dat haar stem, maak elke dag my dag
Refrein:
Maar die meisie met die trane vlak op haar blou oë
Se skuiling lê in akkoorde, dit is al wat haar vrede bring
Ja, eensame meisie jou toevlug le in snare en klawers
So kom vat my hand en lê by sodat ek …. Vir jou kan sing
Brug:
Die melodie simpateer met haar, hul ken elke traan
Dis net die harmonië, wat weet wat in haar hart aangaan
Dis net met die wysies, waarmee sy haar hartseer deel
Ek wil net he sy moet besef ek sal elke dag vir haar speel
Refrein:
Maar die meisie met die trane vlak op haar blou oë
Se skuiling lê in akkoorde, dit is al wat haar vrede bring
Ja, eensame meisie jou toevlug le in snare en klawers
So kom vat my hand en lê by sodat ek …. Vir jou kan sing

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.