"Groen oog meisie" deur Nicole Vergottini

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Ek skop die stof op in die grondpad
Jy is nou besig om tasse te pak
En my gemoed is laag en ek voel verleë
Hoe red ek ons
Het geen idee

Vers 2:
Ek roep jou naam maar jy is doof vir my
Jy sê ons tyd is nou verby
En my hart breek stadig en my asem is min
Hoe red ek ons die ys is dun

Refrein:
My groen oog meisie waar gaan jy heen
My groen oog meisie los my in die reën
Kom terug na my en red my hart
Kom terug na my kom terug na my

Vers 3:
Jy klim in jou kar en verblind jou teen my
Sê nie ’n woord nie maar ek weet dis verby
Ek staan in jou stof maar jy kyk nie eers om
Hoe red ek ons, ek is skoon verstom

Refrein:
My groen oog meisie waar gaan jy heen
My groen oog meisie los my in die reën
Kom terug na my en red my hart
Kom terug na my kom terug na my

Brug:
Draai jou stuurwiel om
En laat jou liefde terug na my toe kom
Ek gaan ons red, ek sweer
Ek gaan ons red, ek gaan probeer

Refrein:
My groen oog meisie waar gaan jy heen
My groen oog meisie los my in die reën
Kom terug na my en red my hart
Kom terug na my kom terug na my
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top