Geskryf vir: Straatligkinders
Ons is almal pionne op ? dramatiese bord
Maar in plaas van wit en swart
Skuif ons tussen goed en kwaad
Put sonder water
Kers sonder pit
Hierdie jaar is swanger met die reënboog se kind
In die eerste vlae motreën het ek opgeklim tot op die ark se dak
Veraf het die stad haar begin makeup vir die nag
Die aand het voorgelê
Vol beloftes en geleerde kouse
Die maan het soos ? lyfwag voor God se deur gehang
? Engel het wakker geword en sy maat wakker geskud
Skietend deur die nag
Etse teen die stad se flikkerende nippels
Ons is almal pionne op ? dramatiese bord
Maar in plaas van wit en swart
Skuif ons tussen goed en kwaad
Put sonder water
Kers sonder pit
Hierdie jaar is swanger met die reënboog se kind

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

