Geskryf vir: Straatligkinders
Maar ek weet daar's hoop want ek sien 'n glinster lig, 'n lig wat my siel deurstraal
En ek soek na iets, wat my skadu's sal uitwis en my seer sal verkrimp
Het ek reg gehoor?
Ek gaan myself verloor
Verlos my van myself, dit frustreer my te veel
Maar ek sal op jou vertrou
Sodat jy my sal weerhou
Weerhou van leed en die pyn in my hart
Ontwerp 'n vlam
Wat my brein sal verlam
En brand my gedagtes skoon
Verblyk al die skuld
En maak my hart weer wild
Maak jou verskynsel, want jy het my bekoor
As jy vir my herken dan wys vir my dat liefde wen
Maar ek weet daar's hoop want ek sien 'n glinster lig, 'n lig wat my siel deurstraal
En ek soek na iets wat my skadu's sal uitwis en my seer sal verkrimp

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

