Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Al wat saak maak
Is dat ek nou in jou arms aan die slaap raak
Al wat ek wil hê
’n Oomblik saam met jou
Want jy is die enigste een
Wie ek in die malheid vertrou
Refrein:
’n Hartklop
En alles stop
In die kamers
Jy
Dwaasheid
Weghardloop
Dis nou alles verby
Vers 2:
Is liefde ’n gewoonte
Raak jy dan gewoond aan my?
Wil jy hê ek moet vir altyd
In jou skadu bly?
Want ek is seker gelukkig
Tenminste is ek naby
Ek mis net die dae
Toe ek alles was
Die dae voor jy geweet het van al die geraamtes in my kas
Refrein:
’n hartklop
En alles stop
In die kamers
Dwaal net jy
Die dwaasheid
Die weghardloop
Dis nou alles verby

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

