"Gerugte" deur Chante Stroh

  • 1

Geskryf vir: Straatligkinders

Daar is stories wat die rondte doen
Dat ek 'n ander girl wou soen
Maar ek sweer hulle lieg
Jy weet ek sal jou nooit bedrieg

Jy moet my asseblief tog glo
Kyk net in my oë
Ek het jou mos beloof
Dat ek jou nie van jou geluk sal beroof

Maar jy droom drome en sien gesigte
Jy hoor leuns en glo gerugte

Al hierdie leuens wat die mense versprei
Dink jy nou regtig ek sal jou om die bos lei?
Dis mos net ek en jy
Die waarheid laat jou vry

Maar jy droom drome en sien gesigte
Jy hoor leuns en glo gerugte

Hulle fluister agter jou rug
Draai om en sê dit vir my in my gesig
Dan skree ek terug

Jy jaag onnodig spoke op
Dit is alles in jou kop

Maar glo wat jy wil
Sluk tog net die bitter pil

Jy droom drome en sien gesigte
Jy hoor leuns en glo gerugte

Al loop die leuen nog so snel
Die waarheid agterhaal dit wel
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top