"Genuine Ou" deur Frikkie Duvenhage

  • 0

Ja eks ’n genuine ou
Drink my koffie flou
Het my Chappies deur gekou
Maar ek doen dit net vir jou (x2)

So moenie my los nie
Moenie nou gaan
Ek is alleen ek’s net een helfte
So moenie my los nie moenie nou gaan ek is alleen ek’s net een helfte in die reën

In die môre as ek wakker word en die son op my bed skyn
Sien ek hoe jou gedagtes voor my verdwyn
Dan sien ek weer jou foto’s gooi ’n skadu teen die muur ek kyk op my horlosie en sien ek mis jou al ’n uur

So moenie my los nie
Moenie nou gaan
Ek is alleen eks net een helfte
So moenie my los nie moenie nou gaan ek is alleen eks net een helfte in die reën

Want die son loop die wolke
Met lugkastele blou
Toegedraai in bordjies
Met iets om te onthou en agter glas maskers is almal net een
Vol van vrees en twyfel
Wandel jy alleen

Ja eks ’n genuine ou
Drink my koffie flou
Het my Chappies deur gekou
Maar ek doen dit net vir jou (x2)

So moenie my los nie
Moenie nou gaan
Ek is alleen eks net een helfte
So moenie my los nie moenie nou gaan ek is alleen eks net een helfte in die reën
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top