"Gekleurde herinneringe" deur Jurie Cronje

  • 0

Soos wat ek vandag sit, dink ek aan alles, 10 jaar vir gister, en 10 jaar vir môre
Van alles wat was en wat kon wees
Jy was nog altyd ’n dromer en ek die realis
Ek dink nie ek het ooit verwag dat die realiteit my gaan laat kan droom nie

En nou,
Nou lewe ek jou droom uit met terugflitse wat my in die begin laat huil het
Wat my nou laat glimlag
Jy kon die frons draai, en jy is nie eers meer hier nie
En dan bly ek jou vra, hoe kry jy dit reg?

Dag na dag was die antwoord dieselfde:

Baie baie versigtig
Baie baie versigtig
Jy is net te kortsigtig
Want kyk, elke tonnel is dalk donker
Maar dit help jou om deur berge te kom

Jy het altyd so ver vooruit beplan, ek was bang vir teleurstellings
Ek het net gelag, soos wat jy elke dag ’n ander manier van kyk gehad het
Maar nooit enige iets minders as positiefs nie
Jou toekoms was blink,
Jy het so hard probeer om my swart en wit leefstyl kleur te gee

En nou het als kleur, behalwe die gedagte van jou, alles behalwe dit
Want jy is nou weg
Dit was jou tyd om te gaan
Ek sien jou gereeld as ek lê en staar vir die maan
Want jy was en sal altyd, my lig in die donker wees

Baie baie versigtig
Baie baie versigtig
Jy is net te kortsigtig
Want kyk, elke tonnel is dalk donker
Maar dit help jou om deur berge te kom
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top