"En dan nog iets" deur Ted de Boer

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek soek gloed in my are
Ek soek stroop in my mond
Smeer dit toe en krap dit af
'n Vae gedagte, 'n blanke morgenstond

Geen meer reaksie
Die blik staar hom dood
Wonder wat het daar gebeur
Oop kontant, onaangenaam bloot

Jou oe los my nie meer uit nie
Los my nie meer uit nie
Los my nie meer uit nie
Jou oë los my

Vals woorde en bewyse
Berigte soos wat jy glo
Lanklaas vir myself gedink
Aaklig helder en tog skemer dit bo

Tweestryd op oneindig
Woorde trek bloed
Maak seker of is jy rigtingloos
Stilte geskryf, skraapsels met moed

Pyne soos geen ander
Afgeskryf soos laas
Verantwoording is vaagweg
So gemaklik, keuses raak dwaas
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top