"En dan bid ek" deur Machtilt de Beer

  • 0

Ek staan op my knieë langs my bedjie, met my
handjies saam gevou, en dan bid ek:

Liewe Jesus wat in die hemel is, dankie vir u boek waar ek
Van u kan leer, dat ek u naam kan eer, ek kan nie wag
Tot u weer terug kom

Refrein:
U sal my oplig, bang hoef ek nooit te wees,
Ek hoef nie te vlug, u sal altyd by my wees

Liewe Jesus, ek's jammer as ek stout was vandag, dankie
Dat u my pad gelyk maak en nooit my handjie los, baie
Dankie vir vandag se kos

Refein:
U sal my oplig, bang hoef ek nooit te wees
Ek hoef nie te vlug, u sal altyd by my wees

Liewe Jesus, help my om die regte keuses te maak, en
red my van die kwade goed, maak my hartjie rein
sodat almal u lig in my sal sien skyn

Amen
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top