"Elke dag" by Daniel Brink

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Elke dag begin in donker
Terwyl jy wakker lê en wonder
Oor ’n leeftyd van verkeerde keuses
En wie jy werklik is

Die son opkoms stil jou pyn
En vir ’n oomblik voel jy vry
Jy is meer as die som van jou foute
Draai om en breek weg uit die koue

Refrein:
Stuur jou woorde op
En was jou wonde af
Begin weer glo soos kinders glo
Verlossing kom van bo

As die middag son deur die water skyn
Kan jy alles sien daar onder
En tussen golwe van skuld en pyn
Begin die mure om jou hart verwyn

Refrein:
So stuur jou woorde op
En was jou wonde af
Begin weer glo soos kinders glo
Verlossing kom van bo

Hy neem jou woorde op
En was jou sondes af
Solank jy glo soos kinders glo
Sal jy krag vind in Sy oë

Bridge:
As die skemer kom
En die dag vermom
In al sy mooiste kleure
Sal jy besef wat jy het
En neer val voor Sy deure

Refrein:
So stuur jou woorde op
En was jou wonde af
Begin weer glo soos kinders glo
Verlossing kom van bo

Hy neem jou woorde op
En was jou sondes af
Die nag is nie die einde nie
Want more is weer dag
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top