Geskryf vir: Straatligkinders
Vanaand skryf ek oor
...niks...
Ek skryf oor die leë spasies
Tussen deurkosyne
En die swart gate
Tussen sterre
Ek skryf oor die
Eindeloosheid van onsekerheid
En die wete dat ’n mens moet huil
Om te weet jy is lewendig
Ek skryf oor trane
In die donker
En ’n hartklop
Agter ’n muur
Ek skryf oor
Kettings wat stywer trek
En drome wat
Harder skree as realiteit
Ek skryf oor
Die brandmerk van tyd
En die idee
Dat niks vir altyd hou nie
Ek skryf oor
Ontnugtering
Wanhoop
En skerp hoeke.
’n Elegie oor
Die donker Maan
In ons oë
Verskietende sterre
In ons woorde,
En ’n helder komeet
In ’n glimlag.
Ek skryf oor
Jou,
My,
Die wêreld...
...Ons menslikheid

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

