Al wat bly is die nostalgie
Net die nostalgie bly
Saudade, saudade
Jy’t vir my ’n reënboog gevleg
Vir my die sterre laat sing
Jy het die winter laat dans
Die son kaleidoskoop gekring
Jy het die maan rondgespin
My in die lug laat hang
Die wind loshande getem
My toe in jou arms gevang
Maar hier, hier draai ek suid
Hou jy maar noord
Ek’s tuis in my hart
Dis waar ek nou eers hoort
Jy kan maar loop
Ek’s okay (ek dink ek’s okay?)
Moet my nie groet nie
Loop maar verby
Ek’s okay
Jy was my aura se sirkel
My karma, my muse, my drome
Jy was my asem, my hart
My bootsman en boei in woeste strome
Maar toe word jy my sleepvoet
My alleenheid, my bang
Jy’t die maan en die sterre
Net so in die lug laat bly hang
Maar hier, hier draai ek suid
Draai jou kompas maar noord
Ek’s tuis in my hart
Dis waar ek vir nou hoort
So jy kan maar loop
(Ek dink) ek’s okay
Moet my nie groet nie
Loop maar verby
Ek’s (heeltemal) okay
Ek vlieg weer solo bo wolke
Die stuurstok vas in my hand
Maak maar jou salto-toertjies
Vlieg kompas- noord na daai ver anderland
My vlugplan bly reg suid
My bestemming bepaal
Tussen reënboë en sterre
Het ek my alleen-hart gaan haal

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

