Geskryf vir: Straatligkinders
Herinner my aan ? tyd, jy weet watse tyd
Gee my ? rede, jy ken die rede
Wat ek wil hoor
Ooh want, jy weet hoe om die woorde te weef
Dis nog so ver voor die einde
En ons het nog ? paar jaar oor om te oorleef
Herinner my om jou te laat weet, wat jy wil weet
Gee my ? tyd voor die einde van tyd
Sodat ek ook woorde aanmekaar kan weef
Ver voor die einde
Om iets te sê terwyl ons oorleef
REFREIN:
Ek weet nie of jy weet nie
Maar ek't nie veel om te sê nie
Waarvan ek hou en waarvoor ek vrees
Wel, ek het my sinnelose redes
Herinner my een keer, ? laaste keer
Gee my iets om te sê, ek soek iets om te sê
As dit van my af hang
Sonder stry
Sal ek stilbly
REFREIN
BRUG:
En as ons uiteindelik praat of skree
Sal ons minder of meer omgee?
Ons sal seker eers weet
As die stilte weg vreet
REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

