Die maanlig skyn helder op die grondpad
Met die sand, wat onder my voete wegsak
Stap ek alleen en ek dink aan jou
Kon ek maar vir jou in my arms hou
In die verte roep 'n bakoorjakkals
Hy is opsoek na sy maat
Dalk, het sy iewers afgedwaal
En wil hy vir haar gaan haal
Refrein:
Die tarentale raas nog in die bloekombome
En ek stap hier met my drome
So stom in die nag se stilte
Baby, jy breek my hart
Die wingerde lê uitgestrek in rye
Terwyl, die wind sonder sorge soos 'n kind, harpmusiek deur die blare speel
Waar sou jy wees, en wat doen jy nou?
Terwyl ek in die maanlig op die plaaspad stap
En ek, verlang na jou
Refrein
Iewers is jy, en hier is ek, waar sou hierdie pad my lei
Onder die sterre en die maan, terug na my huisie
Waar die kerse brand, en die kaggelvuur wat wat
Stap ek met my voete in die sand terwyl ek vir jou wag

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

