Ek wag vir jou my kind, in die aandwind, as jy vra sal
Ek jou hoor, as jy sit op jou stoel sal jy my voel, as jy
Vra sal jy kry - by my - ek wag vir jou, ek wag
Refrein:
Ek fluister in jou oor, het jy my gehoor, ek roep
Jou op jou naam, ek sê "ek is lief vir jou"
Somtyds is jy doof, en jy vergeet om my te loof, ek't
Jou lankal vergeef, 'k wil vir jou alles gee, ek weet
Jy soek na my - onthou - ek is altyd by jou
Refrein:
Ek fluister in jou oor, het jy my gehoor, ek roep
Jou op jou naam, ek sê "ek is lief vir jou"
Ek sorg vir die diere in die veld, die voeltjies in die
Lug, die boemelaar onder die brug, ek wag om jou
Stem te hoor, ek's altyd daar, al is jy ookal waar
Refrein:
ek fluister in jou oor, het jy my gehoor, ek roep
Jou op jou naam, ek sê "ek is lief vir jou"

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.