Geskryf vir: Straatligkinders
Toe jy wegstap het die aarde verdwyn
Alles raak net stil
Die straatligte het om jou enkels geskyn
En ek staan hier
Ek staan hier waar jou stem nog vars is
Waar die stilte skielik raas
Harder as jou gille
Wat wegkwyn in hierdie waas
En ek roep uit na die skaduwees,
'n Tydelike verlossing van hierdie vrees
En die leegheid wat my binnedring
En lê word soos ek sing
Maar jy kom nie terug
Ek het net vir jou gehad om hierdie koue uit te hou
En die nag word net donkerder en die stilte hou aan skree
Maar jy was so emosieloos
Toe jy jou laaste soen oor my voorkop vee
En ek staan steeds hier

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

