Geskryf vir: Straatligkinders
Jy het my hier kom raak in my kamer
Skraps -
In my gekraakte genade
My hande -
'n Stoel vir my swaar kop
Jou antwoord -
'n Meter afstand, tree of twee (tot oorgee)
Draad of wering kan my nie keer nie
Splinter hoogtes - 'n uitnodiging
Hoop vasgespyker - ek sal bly sing
Kom af met die trap met
Jaag in jou skoene
Jou stoep is 'n rusplek waar baie kom groet
Met uitgerekte kuiers
Lank en verdroog!
Tot jou deur oopmaak
En riviere uitstroom
Dit is heelwat genoeg

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

