"Ek sal grootword" deur Sunette Louw

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek droom van jou gelag
In die dag en in die nag
Oh my baby en ek mis jou gelag
Met die wind so deur jou hare
So val die mooiste trane
En jy sê jy’s jammer
Ons is nou verby

Refrein:
Ek hardloop ek skree
Ek val op my knieë
Nee nee nee
Baby ek sweer ek sal lewe vir jou
Ek sal n naam vir jou bou
Oh ek wil my arms om jou vou
Baby ek sal grootword
Grootword net vir jou

Jy sê ek moet ry
Jy’t klaar iemand anders gekry
Iemand wat jou taal kan praat
Iemand wat n lewe vir jou
Sal kan maak
Jy se jyt genoeg gehad
Van my gekuier en van my
Wat laat uit bly
Baby eks jammer
Dit is nou als verby

Refrein:
Ek hardloop ek skree
Ek val op my knieë
Nee nee nee
Baby ek sweer ek sal lewe vir jou
Ek sal n naam vir jou bou
Oh ek wil my arms om jou vou
Baby ek sal grootword
Grootword net vir jou

Ek bid vir genade van bo
En ek smeek jou vir nog net
Een laaste keer
Gee my n kans my baby
Ek het jou, het jou
Ooo so lief
Jy’s al wat ek het
Ek belowe ek’s klaar nou
Met als wat jou pla

Baby my baby
Ek sal grootword, grootword
Net vir jou
Ek sal die maan vir jou vang
Ek sal vir altyd aan ons tye bly hang

Refrein:
Ek hardloop ek skree
Ek val op my knieë
Nee nee nee
Baby ek sweer ek sal lewe vir jou
Ek sal n naam vir jou bou
Oh ek wil my arms om jou vou
Baby ek sal grootword
Grootword net vir jou

Kyk vir my
Ek is vir jou
Jy is vir my
Tot die dood ons skei
Sal dit vir altyd so bly
My baby

Vergeet my nie
Ek dra jou oral saam my rond
Want jy is net vir my gemaak

Ek sal grootword, grootword net vir jou

 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top