"Ek is hier vir jou" deur Franstelle Marais

  • 1

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek sien die alleen voel in jou oë
Ek sien die hartseer in jou oë
Ek kan sien jy soek iets
Dalk liefde
Dalk net ‘n bietjie vrede in jou hart
In jou hart

Ek wil hê jy moet onthou
Ek is altyd hier vir jou
Van nou ... tot die einde
Ek sal jou vashou

Refrein:
Stilte in die winter
Is in jou gedagtes
Dis die troos in my hart
Dis die vrees in jou bloed
Dis die wind in die weste
Die krake in jou hart
Dis die trane wat ek sien op jou wang
Dis die lewe, dis die lewe vandag

Bridge:
Ek is hier om jou te troos
Ek is hier om jou vas te hou
Ek is hier sodat jy my skouer kan leen
Ek is hier vir jou

Herhaal refrein
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top