"Ek hou van jou" deur Marie-Louie Pieterse

  • 0

Vers 1:
Daar het iets gebeur tussen my en jou
Oor koffie en shortbread biscuits
Het ’n kameraadskap ontvou
Met die winter in die lug en die bande wat oor
Die teerpad gly
Is jy, oppad na my!

Refrein:
Ek hou van jou!
Ek wil jou in my arms vashou!
Terwyl die son op ons drome skyn, en die laste vir ’n oomblik verdwyn!
Jy laat die wêreld vir my anders lyk
Al die problem en die hartseer wyk
Hierdie tydjie saam met jou
Laat my deur die lewe se vergrootglas kyk.

Vers 2:
Ek hou van jou!
Ek wil jou in my arms vashou!
Terwyl die son op ons drome skyn, en die laste vir ’n oomblik verdwyn!
En ek moet eers vir jou totsiens sê
Tot jy weer hier langs my kan lê
Tot dan my baby tot dan
Sal ek vir jou wag
Tot ons mekaar weer sal sien
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top