Refrein:
Ek gee jou moed en ek gee jou krag, vir vandag se taak
Wat op jou wag, om my naam uit te dra is al wat ek vra
Gee vir my jou vrees, gee vir my jou pyn, gee vir my jou seer
Gee vir my jou traan, as jy my naam roep, hoor ek jou keer
Op keer, as jy vir my vra sal ek vir jou gee, jy sê vat my trane
En was my skoon o Heer, en ek doen dit weer en weer, al
Is dit ook 'n duisend keer
My beloftes staan vas, ek bly getrou aan jou, ek woon binne
Jou, elke dag en elke nag, jou naam staan in my boek, ek sal
Jou altyd gaan soek, my kind moenie vrees, ek sal ewig daar wees
Refrein:
Ek gee jou moed en ek gee jou krag, vir vandag se taak
Wat op jou wag, om my naam uit te dra is al wat ek vra
Ek's die geneesheer vir jou seerste seer, ek droog jou trane af en
Laat jou lag, jy klop aan my deur, ek maak altyd vir jou oop, jou
Prys was bepaal ek het dit reeds betaal, ek het jou uitgekies vir
My, my engele sal jou bewaar waar jy ook al mag gaan

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

