Ek en my kitaar
Ons verstaan van mekaar
Ek laat al die snare huil
Tot my vinger punte is al vuil
Die mense by die braai
Maak lekker groot lawaai
As ek die note druk
Sing hulle van geluk
KOOR
Want jy speel so mooi na na na na
Die kole is nog te rooi na na na na
Die vleis is nog nie ontdooi
Ons kan nog 'n lekker dop gooi
Ek en my kitaar ons is oud
Maar daar is geen fout
My hande is krom
Maar die vingers is nog nie dom
As ek die snare laat huil
Dan is almal verstom
Almal vat 'n kans
Vir 'n lekker dans
Van jonk tot oud
Niemand se voete maak 'n fout
Want ek en my kitaar
Is al goed gesout
As ek hom optel
Wil hy my vertel
Van al die kere
En al die gebeure
Wat ons saam was
Almal het gelas
Vir 'n koppie sop
Of 'n stywe mampoerdop
My jong dae was ek woes
Almal moes net koes
As ek die snare so rek
Dan sing hul
KOOR
Want jy speel so mooi na na na na
Two step word ge-looi na na na na
Sweet tap ons af
Môre is almal weer kaf
Sweet tap ons af
Môre is almal weer kaf

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

