"Ek droom vir jou" deur Machtilt de Beer

  • 0

Ek droom vir jou, ek droom vir jou 'n hoopvolle
Toekoms, ek droom vir jou my ryk en my koninkryk
Glo in my soos 'n kind, die kind wat jy gister was

Ek het water in wyn verander, ek het die see oop
Gebreek, vir jou wil ek die hemel gee, ek's die as
Waarom jou wêreld wentel

Ek droom vir jou, ek droom vir jou sonlig in die dag
En 'n maan in die nag, om jou pad gelyk te maak, jy was
Rooi soos skarlaken is nou wit soos sneeu

Kyk na my tuin, die blomme in die veld, sien my oseaan
Dalk sal jy eendag verstaan, hoe groot my liefde vir
Jou is, ek het als gemaak vir jou

Ek droom vir jou, ek droom vir jou voorspoed en oorvloed,
Ek is jou rots in storm winde, ek's jou rots in storm see, ek
Gee jou my woord vir elke dag se brood
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top