"Ek dra dit swaar" deur Retha Scholtz

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Dit pak my beet
En val soos ? balk op my skouers
Ek dra dit swaar

Met my oë op die grond
Slaan my voete hard
My knieë knak
Ek dra dit swaar

Ek kyk in jou oë en sien
Die walging en die haat
Borrel en bruis
Ek voel dit in my siel

My hart skeur los
My longe saamgepers
Die balk is groot
Ek dra dit swaar
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top