"Ek bemin jou" deur Dianne Joubert

  • 0

Refrein:
Ek bemin jou
Ek bemin jou, net vir jou
Ek bemin jou
Ek bemin jou, my liefie
Jou liefde dra my

Deur droewige dae
Deur die lang lang nagte
Wat ek nie bewaar
Jou sin van humor
Bring my plesier
Ek sien jou glimlag,
Een weet jy’s hier
Ek droog jou trane
As jy hartseer is
Jy gee so veel
En weet beslis
Daar is geen ander
Nee, nie vir my

Refrein:
Ek bemin jou
Ek bemin jou, net vir jou
Ek bemin jou
Ek bemin jou, my liefie

Ek buig my knie
En vra jou hand
Jou oë is groot
En die trane kom
My hart is vol
Van pure liefde

Want ek weet
Dat ons een gaan word
Jy gee jou hand
En ek plaas ’n ring
Van suiwer glinster
Op die mooiste vrou
Ons hou mekaar
So styf-styf om
Met blydskap se jy
Ja! – ek is vir jou

Refrein:
Ek bemin jou
Ek bemin jou, net vir jou
Ek bemin jou
Ek bemin jou, my liefie
Jou liefde dra my
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top