Woorde betekenisloos, woorde net
Daar om te troos, eendag, dalk, miskien
Eendag, miskien sal ons mekaar weer sien, eendag, miskien,
Sal ons paaie weer kruis, dalk langs die see waar die branders
Bruis, my hart gaan bons en my tong gaan knoop, as ons
Mekaar weer raakloop, weet dit sal so wees
Eendag, dalk, miskien, wat beteken eendag, wat beteken
Miskien, is dit eendag op 'n reën dag of sal ons maar
Moet wag en sien, jy's in my are en in my bloed, ek's seker
Dat liefde sal wen, want dis so bestem
Woorde betekenisloos, woorde net
Daar om te troos, eendag, dalk, miskien
Ons paaie het parallel geloop vir baie jare aaneen, maar ek
Weet, dit klop in my hart en in my kop, dit is so bedoel dat
Ons paaie weer eendag sal kruis, dalk langs die see
Waar die branders bruis
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.