"Duiwel kry jou ry" deur Kobus Venter

  • 0

Die engel het vir die duiwel gesê
Wat in die lewe wil jy nou weer hê
Jy het jou kans gehad om hier te staan
Dis beter as jy nou liewers gaan

Moenie met ons kinders mors
Hul het die vrug van die lewe
Hulle is nog dors
As ek vir Jesus roep
Gaan Hy met jou mors

KOOR
Duiwel – duiwel laat jy gaan
Vat maar jou volgelinge saam
Maak net gou
Want Jesus gaan jou vou
Ja, Jesus gaan jou vou
Ja, Jesus gaan jou vou

Moenie dink ons is bang vir jou
Ons het aan die Bybel gekou
So kom ek vertel tog vir jou
Om met ons kinders te mors
Sal jy nog duur berou

Op aarde en in die Hemel
Is ons almal aan die wemel
Om vir jou te kyk
Hoe jy op jou neus gaan duik

Duiwel moenie betrokke raak
Jou hele lewe is 'n kraak
Ek weet nie wat voer jy in die mou
Beste advies, kry jou ry gou
Voor jy vir Jesus kwaad maak

KOOR
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top