"Duisend myl" by Nicole Vergottini

  • 0

Vers 1:
Ek vou jou woorde toe
In die koevert van my hart
En pos dit oor die oseaan
Na ander man se land

Vers 2:
Ek onthou jou in my arms
En ruik jou in die kamer
Stuur soene deur die wind
En bid jy kom gou terug

Refrein:
'n Duisend myl is vir my te veel
Ek voel alleen en tyd staan stil
'n Duisend myl wens ek verby
Sodat jy kan huistoe kom

Vers 3:
Ek trek jou gesig met potlood en pen
Op my blaaie van verlange
Ek skryf gedigte oor my elende
Jy is in ’n ander man se tuiste

Vers 4:
Jy vlek my gedagtes helder kleure
My huis is dol en voel so grys
Ek kan nie wag vir jou voetstappe
Om te weergalm deur die strate

Refrein

Brug:
Kom terug op die metaal vlerke
Kom groet my in jou taal
Ek hoor jou stem al oor die berge
Ek mis jou hand gevou in my hand

Herhaal refrein
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top