"Droom" by Machtilt de Beer

  • 0

Refrein:
Droom groot drome onder eeue oue eike bome, as jou drome
Opdroog, kyk net vir die reënboog

Jy moet nooit jou drome laat gaan, dalk net dalk word dit eendag
Waar, al lyk dit onbereikbaar ver, so ver soos 'n verskietende ster
As jy maar net 'n ster kon pluk, om jou drome te gaan haal, al kort
Jy 'n perd en 'n saal, as jy net hoop sal jy kaalvoet kan loop

Refrein:
Droom groot drome onder eeue oue eike bome, as jou drome
Opdroog, kyk net vir die reënboog

Blaas 'n soen oor die maan, blaas 'n soen oor die son, as jy maar net
Kon, moet nooit ooit jou drome verkoop al moet jy lang - lang myle
Loop, 'n oase in dorreland, 'n oase aan woestynkant, al lyk dit so
Ver, die sterre sal jou hoor en vir jou drome toor

Refrein:
Droom groot drome onder eeue oue eike bome, as jou drome
Opdroog, kyk net vir die reënboog
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top