"Drome is bedrog" deur Chante Stroh

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Donker, donker middernag
Hoe lank sal ek nog moet wag
Om aan die slaap te raak
Want in my drome wil ek ontwaak

Ek wil 'n lugkasteel bou
Want in my drome kan ek nog onthou
Hoe ek jou in my arms toe vou

Drome is bedrog
Waar jy die aand gaan lê, lê jy die more nog

Ek bou kastele in die lug
Ek wil saam met jou die nag binne vlug
Maar die werklikheid bring my terug

Drome is bedrog
Waar jy die aand gaan lê,lê jy die more nog

Nou sit ek in my lugkasteel
Die werklikheid raak nou vir my te veel
Jou droom gesig het ek verbeel

Ek hoop tog maar
My drome word waar
Net sodat ek na jou gesig kan staar

Want onder die ou wilger boom
Het ek van die werklikheid gedroom

Maar dit maak nie meer saak nie
Meneer Klasvaakie

Want drome is tog net bedrog
Waar jy die aand gaan lê, lê jy die more nog
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top