Dit gaan gebeur, dit gaan gebeur
Maak nie saal hoeveel ons keer
Dit vyand gaan wraak neem en ons is bang
Hulle sal dit uitvoer, hul wrede drang
Dit gaan gebeur, dit gaan gebeur
Wanneer? Die tyd sal ons wel leer
Vandag kan ons laaste op aarde wees
Ons lewe in verwagting en vrees
Dit gaan gebeur, dit gaan gebeur
Ons weet net nie wanneer
Mag hul harte versag, mag hul vergewe
Sodat ons langer sonder angs en vrede kan lewe
Dit gaan gebeur, dit gaan gebeur
So lê maar jul wapens sagtens neer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

