"Dis waar ek wil bly" deur Machtilt de Beer

  • 0

Refrein:
Dis waar ek wil bly, Suid-Afrika is waar jy my sal kry, sal dit
Nie los dis die land van melk, heuning en boerekos!

Boerbeskuit, biltong, boererate, marmelade en lepel - lê, wat
Meer wil ek he, boerewors, elf tale en vyf miljoen verhale, Wilson
Toffies wat tien sent kos, die natuurskoon, nêrens anders - dis waar
Ek wil woon

Net hier in Suid-Afrika!

Braaivleis, poetoepap, Mrs balls en rooiwyn, hierdie land is in my grein,
Boeremusiek, Black Cat, 'n lied in my taal, waarvoor meer kan ek vra,
Boeretroos, mampoer stook, die see tog so blou, my volkslied sing
Ek net vir jou

Refrein:
Dis waar ek wil bly, Suid-Afrika is waar jy my sal kry, sal dit
Nie los dis die land van melk, heuning en boerekos!

Vis en slaptjips, straatverkopers en sjebeens, 'n fliek in my taal en
Visvang langs die dam, souskluitjies en hoë berge, boeremarkte,
Kaapse Klopse en Vcks bubble-gum, afval, rugby en bobotie, dis
My land die! Net hier in Suid-Afrika!
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top