"Dis nooit te laat nie" deur Magda van der Merwe

  • 0

Ek sal lief bly vir jou
Van ewig tot nou
En ver, ver verby ons bestaan
Jy sal lief bly vir my
Ek’t die boodskap gekry
En ek’t jou te lief om jou te laat gaan

Dis nooit sommer net verby nie
Nie as ek my sin gaan kry nie
Hoe kan ons mekaar net laat gaan
Vergeet van mekaar se bestaan?
Dis makliker om op te hou asemhaal

Ek sal lief bly vir jou
Van ewig tot nou
En ver, ver verby ons bestaan
Jy sal lief bly vir my
Ek’t die boodskap gekry
Waar die lewe se paaie ook gaan

Als is nooit soos dit bolangs wil lyk nie
Nie as mens bietjie dieper wil kyk nie
Ons is soveel dieselfde en tog soveel anders
’n Windswael bokant onstuimige branders
Jy is my alles, my hartklop, my lag
Die lig in die oggend, my ster in die nag

Ek sal lief bly vir jou
Van ewig tot nou
En ver, ver verby ons bestaan
Jy sal lief bly vir my
Ek’t die boodskap gekry
En ek’t jou te lief om jou te laat gaan
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top