Vers 1:
My kop het nog nie jou nommer verloor
In my gedagtes bel ek dit oor en oor
My neus soek jou cherry blossom hare
Maar langs my lê net leemtes en ek
Vers 2:
In my are klop die ritme van liefde vir jou
My arms soek nog joune wat my so kon omvou
Ek voel jou hand nog styf in myne
Maar langs my net stilte en berou
Koor:
Dis in die môre wat ek meestal na jou soek
Dis in die môre wanneer eensaamheid my groet
Met die dagbreek roep my hart nog jou naam
En in die ruimtes sukkel my gemoed
Brug:
Ek kry jou nie vergeet nie
Ek wil ook nie daarvan weet nie
Jy draai in my kop en my lyf mis joune

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

