Die merke op jou arms vertel 'n verhaal
Jou arms is weggesteek agter moue
Hulle is nooit kaal
Sal jy luister na my?
Ek sal luister as jy sal praat
Die dood is nie die antwoord op jou vrae
Jaag eerder 'n ewige lewe na
Ek het jou gebring tot by die water
Gaan jy die lewende waters drink?
Of gaan jy jouself toelaat om dieper
in die donkerte in te sink?
Refrein:
Gryp Sy hand
Gryp Sy hand
En kom terug na die lig
Hy is hier
Hy is hier
In die donkerte is waar jy jouself bevind
Dit is daar
Dit is daar
Waar jy Hom beter sal leer ken
God is nie jou vyand
Gryp Sy hand
Moeilike tye kan jou net versterk
Wees sterk
Wees sterk
Met hom langs jou sy
Glip al die leuens verby
Jy kan deur dit alles druk
Dag vir dag
Stuk vir stuk
Jy sal die waarheid sien
En die waarheid sal jou vry maak
Hy sal jou vry maak

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

