"Die sekelmaan" deur Chante Stroh

  • 2

Geskryf vir: Straatligkinders

Die sekelmaan hang in die lug
En my hart het na jou toe gevlug
Ek sien jou gesig
Kom terug

Jy was my heelal
Nou maak jy my half-mal
Gedink die liefde was maanskyn en rose
Nou is my hart verlore

As die sekelmaan vir jou glimlag in die nag
Sal ek wag, sal ek wag, sal ek wag
Ek sal vir jou wag
In die nag

Soos die fases van die maan
So het ons liefde vergaan
Gedink die maan is van kaas
Ons liefde het uit geblaas, ek is verbaas

Want ek weet soveel van die liefde soos die man in die maan
En ek kry skaam
Want al ons liefde is na die maan
My hart is plat geslaan

As die sekelmaan vir jou glimlag in die nag
Sal ek wag, sal ek wag, sal ek wag
Ek sal vir jou wag
In die nag

Ek weet nie veel van liefde nie
Maar ek weet ek moet jou sien
Sal jy vir my wag
Gee my net nog 'n dag

Want as jy vir my glimlag
Met jou oë so sag
Maak jy my dag
In die nag
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top